Sit skouer aan die wiel
Ek is tans op ‘n “kos-reis” waar ek elke heerlike skaapvleissnit leer ken en met nuwe (en klasieke) gebruike daarvoor eksperimenteer. Die een snit waarna ek rêrig baie opgesien het om te maak was die skaapskouer. Dis nou nie juis iets wat jy in enige resepteboek gaan kry nie en dit kan ‘n redelike intimiderende, groot, snit wees om in jou inkopies-mandjie te laai! Maar van uitstel kom afstel en daarom het ek besluit nou is die tyd om behoorlik skouer aan die wiel te sit en hierdie snit baas te raak.
Skaapvleis SA het onlangs nog ‘n Facebook-blad geskep genaamd “Budget Cooking With Lamb”, om vir verbruikers te wys hoe Skaapvleis in enige begroting, dieet en smaak kan inpas as mens mooi beplan en dit saam met die regte bykosse maak. So gebeur dit toe dat Kerstyd 2016 nader kom en in Suid Afrika beteken dit somersvakansie, lekker kos en kwaliteit tyd saam met vriende en familie. Boonop is die heerlikste vrugte in seisoen gedurende Desember en daarom is dit ook heel bekostigbaar. Ons wou graag ‘n paar skaapvleisresepte skep wat nie vereis dat mens jou kosbare vakansietyd heeltyd in die kombuis hoef te spandeer nie, bestanddele bevat wat in seisoen is en ook heerlik vullend maar terselfdertyd ‘n gesonde bydra sal wees tot almal seDesember eetgewoontes. Die antwoord was natuurlik ‘n lekker groot snit met ‘n heerlike geur wat met min moeite gaargemaak kan word en dan die proteinkomponent vir ‘n verskeidenheid etes kan wees. Na ek bietjie meer gaan oplees en rondgevra het, het hierdie skouer gaarmakery vir my na al hoe minder moeite begin klink en was daarom dadelik die perfekte snit vir ons “Kerskos” reeks! Mens sit die heel skouer, been en al, in die oond in lae hitte (so 180ᵒC) met lekker witwyn, suurlemoensap, speserye en kruie en vergeet dan so 2-3 ure daarvan terwyl die vleis heerlik sag raak en die geure ontwikkel! ‘n Kos-blog waarop ek afgekom het beskryf die snit as “succulent, forgiving and kind”, wat verseker ook my ondervinding met hierdie heerlike snit perfek opsom. Die lekker ding van ‘n skaapskouer is dat dit ‘n magdom vleis oplewer wat regdeur sag en sappig is en nie kan uitdroog soos skaapboud nie. Inteendeel, dis baie moeilik vir enige iets om verkeerd te gaan in hierdie gaarmaakproses, solank jy weet hoe om die oond aan en af te sit sal jy enige iemand kan beindruk met ‘n geurige skaapskouer.
Die vleis wat van die skaapskouer af kom het ‘n unieke soet smaak wat die karakter van enige somersgereg komplimenteer. Die begroting-vriendelike kersfeesdisse wat ons gekies het om te maak uit een skaapskouer was “Tacos vir twee”, “Waatlemoen- en gort slaai” vir 6 mense en 8 “Filodeeg driehoekies”. Die idee met hiedie resepte was dat mens een skaapskouer gaarmaak en die vleis van die been aftrek en in die yskas hou vir 3 verskillende etes. Die “Tacos vir twee” is ‘n Meksikaanse gereg bevat heerlike tuisgemaakte mintpesto, avokadopeer (in seisoen) en gekapte tamatie en uie (en chillies as jy braaf is). ‘n Waatlemoen en gort slaai is ‘n heerlike vars dis vir ‘n Kerstafel of ‘n ligte, gesonde middagete waarvan die hele familie sal hou! Die kombinasie van die skaapskouervleis, tuisgemaakte mint pesto en mozerellakaas wat in filodeeg opgerol is in driehoekies is iets wat jy dalk nog nooit probeer het nie maar dis so maklik en vinnig om aanmekaar te slaan as jy lus is vir peusel of ‘n lekker piekniekmandjie wil pak! Na al hierdie disse het ons nog heelwat skaapskouervleis oorgehad wat natuurlik nie gemors kon word nie! My familie het daardie aand ‘n lekker verassing in hul braaibroodjies gekry!
Hierdie snit het my verseker verras met sy veelsydigheid, unieke smaak en “fool-proof” kookmetode en is verseker my gunsteling snit uit die skaapkarkas sover? Laat weet my gerus wat ek nog met ‘n skaapskouer kan doen, want ek is oortuig die opsies is nimmereindigend!
Besoek gerus ons nuwe ektra Facebook blad “Budget Cooking With Lamb” of ons webtuiste cookingwithlamb.com vir lekker, begroting-vriendelike skaapvleisresepte!
Fellow foodie friends, Marina and Lizanne are “Lambs Cooking Mutton”! Armed with their blog posts and a frequent feature in the “Weg and Go” magazines they are on a mission to make cooking with lamb inspiring and creative but also less intimidating for the modern young lady or gentleman! They will also be travelling across SA to bring you news and reviews on South African meat festivals and restaurants where winning lamb and mutton dishes are served.
Although Lizanne is a designer by day, and Marina a MSc Nutrition student on the side, their roles are ironically switched when it comes to cooking with lamb. Lizanne is always looking for ways to cook and eat healthy and will also keep you up to date on how to keep your lamb dishes as healthy as possible. Marina on the other hand loves creating absolute indulgent and creative lamb dishes that have no mercy on your diet. But between the two of them they will provide you with lamb dishes for every occasion!